André en Mirinda Nortjé is omstreeks sesuur die aand albei met koeëlwonde in die bors gevind. Die polisie beweer dit is weens huishoudelike geweld en dat André sy vrou geskiet het voor hy die geweer op homself gedraai het. Die paartjie, wat dolgelukkig en glimlaggend op hul Facebook-blaaie verskyn, word môre om eenuur by die Doxa Deo-kerk in die moot, Pretoria, begrawe. Mirinda en André het albei kinders uit vorige huwelike. Hulle is in 2009 getroud.

My mother.. What a woman? #throwback #mommasboy #mother #son #love #family #beachvibes #happy

A photo posted by Dalton Christopher O'Donoghue (@dalton.the.1st) on

“My hele lewe . . . my eerste liefde . . . my pragtige moeder,” het haar seun, Dalton O’Donoghue, op sy Facebook-blad geskryf by ’n foto van ’n stralende Mirinda.

André het ook ’n seun, Niel.

“Ons is tans besig met die begrafnisreëlings en probeer hard om as ’n gesin hierdeur te kom,” het Dalton namens hom en sy stiefbroer, Niel, aan Huisgenoot gesê.

Die polisie het intussen ’n nadoodse ondersoek begin.