Die 48-jarige sangeres, vir wie liefdesgeluk telkemale ontwyk, en wie se ekse die wyle rocker Michael Hutchence en Halle Berry se eksman Olivier Martinez insluit, het Vrydag op Instagram gerugte bevestig dat sy haar verlowing aan die 29-jarige akteur verbreek het. “#lovers . . . Dankie vir al jul liefde en ondersteuning regdeur die onlangse hoofstuk in my lewe,” het sy geskryf by ’n foto van ‘n sonsopkoms. “Dankie vir julle liefde en begrip met die nuus dat ek en Josh besluit het om ons eie paadjies in te slaan. Ons wens mekaar net die beste toe terwyl ons nuwe horisonne ontdek. #thesunalwaysrises.”

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Die Britse koerant The Sun het Donderdagaand eerste berig dat die twee uitmekaar is en volgens bronne is Joshua uit haar huis in Londen geskop omdat sy ongelukkig was met sy vriendskap met die Spaanse aktrise Marta Milans (34).

A photo posted by Marta Martita M (@martamilans) on
Die twee het glo ’n hegte band gevorm terwyl hulle verlede jaar die Amerikaanse drama No Tomorrow in Vancouver, Kanada verfilm het. Die sangeres agter die treffer Can’t Get You Out of My Head is onlangs sonder haar verloofring gewaar en bronne het aan The Sun vertel Kylie is “verpletter en gebroke”. Die nuus kom slegs sowat twee maande nadat sy in trane gekiek is tydens ’n ontmoeting met ’n vriend by ’n hotel in Sydney in November.

Kylie en Joshua het in 2015 op die stel van die Amerikaanse reeks Galavant ontmoet.

 

In Februarie 2016 is hul verlowing in die Britse koerant Daily Telegraph aangekondig.

Kylie het só vir Joshua met sy verjaardag op 9 Desember 2016 op Instagram gelukgewens.

Happy birthday to my ?!! @joshuasasse Love and LOVE!!!

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Sy het verlede jaar gesê hulle sal nie trou voor huwelike tussen gay-paartjies nie wettig in Australië is nie. Joshua het verlede jaar die veldtog Say I Do Down Under begin en gevra dat die wet moet verander.

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Cover Media