large_jenny_1

Dis wat jy gaan nodig kry:

1 groot snoek, oopgevlek

seesout

250 g botter

2 knoffelhuisies, in dun skywe gesny

sap van 3 suurlemoene

2 suurlemoene of lemmetjies vir braai

Sprinkel die sout oor die snoek. Hou eenkant. Meng die botter, knoffel en suurlemoensap. Sit op lae hitte om die botter te smelt. Sit die soek met die velkant na onder op ’n groot stuk foelie. Rol die ekstra foelie rondom om die sappe op te vang. Smeer die bottermengsel aan die vleiskant van die snoek en sit in ’n toeklaprooster. Braai 2-3 min. of tot goudbruin oor matige kole met die vleiskant na onder. Draai die snoek om en smeer die oorblywende bottermengsel oor en braai nog 8-10 min. Maak dan seker of die snoek gaar maar steeds sappig is. Braai nog 2 min. indien nodig. Braai intussen ook die suurlemoene of lemmetjies met die oopgesnyde kant na onder. Sit die snoek voor saam met die warm suurlemoene of lemmetjies, varsgebakte brood en appelkoos- of perskekonfyt.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.