Daar het Dinsdag ’n herrie losgebars rondom die tolk se gebaretaal tydens die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela in Soweto.

Vooraanstaande dowe Suid-Afrikaners het sy gebare betwis.

Die ANC-LP en adjunkvoorsitter van die Federasie vir Dowes van Suid-Afrika (DeafSA), Wilma Newhoudt, het haar misnoeë op Twitter te kenne en die ANC-woordvoerders Jackson Mthembu en Keith Khoza gevra om sake reg te stel.

Die man se ongewone gebaretaal is deur kenners in Brittanje opgemerk en die dowe aktrise Marlee Matlin het ook oor die voorval getwiet.

Bronne: Sapa, Volksblad, News24