baked-brie-with-honey

- Resep deur William Baldie

(Genoeg vir 3 mense)

Jou benodigdhede:

1 pakkie (125 g) Emborg-brie

300 g geblikte rooi kersies, gedreineer

100 ml heuning

2 takkies vars tiemie

10 ml (2 t) kookolie

suurdeegbrood vir voorsit

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n klein bakplaat met bakpapier uit.

2. Sit die kersies, heuning en tiemie in ’n middelslag oondvaste bak en bak sowat 10-15 min. tot die kersies en heuning taai is. Verwyder uit die oond. Hou eenkant en laat afkoel.

3. Vryf die brie met ’n bietjie olie en pak dit op die voorbereide bakplaat. Bak sowat 6-10 min. Dit is gaar wanneer dit heeltemal sag en deurgesmelt voel wanneer daarop gedruk word.

4. Lig die brie met ’n eierspaan versigtig van die plaat af en sit dit op ’n dienbord. Giet dan die kersies oor.

5. Voeg nog vars tiemie by indien verkies en sit voor saam met vars suurdeegbrood.

Alternatief:

Gebruik camembert pleks van brie en vars appelliefies pleks van rooi kersies.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.