Gebakte appel-en-kaneelverrassing

1 Porsie

Jy benodig:

  • 1 Granny Smith-appel
  • ’n skeppie ongesoute botter
  • ’n knippie fyn kaneel
  • ’n druppel vanieljegeursel
  • 5–10 rosyne
  • 30 ml (2 t) geklopte vars room of 1 skeppie roomys

Maak so:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny die bokant van die appel af en ontkern dit. Maak seker die holte bo-aan die appel is redelik breed en hou die onderkant netso heel.  Skraap die vlees van die appel van die binnekant af deur die holte wat gelaat is toe die kern verwyder is; hou die skil heel. Gebruik ’n skerp mes hiervoor en daarna ’n lepel om soveel moontlik van die vlees los te kry en uit te skep (sonder om die skil te beskadig). Druk die vlees rofweg fyn en voeg ’n skeppie botter, ’n bietjie kaneel, vanieljegeursel en ’n paar rosyne by. Roer deur tot gemeng. Skep die mengsel in die uitgeholde appel(s) – sny die holte bo-aan wyer oop, indien nodig.  Plaas die appel(s) in ’n muffinpan – die muffinholtes hou die appels regop – of rangskik ’n paar appels saam in ’n broodpan. Bak vir 30 minute of tot die appels redelik sag is.  Plaas eenkant om af te koel tot dit koud genoeg. (Die appels neem ’n tydjie om af te koel). Sit voor met geklopte room of ’n skeppie vanieljeroomys.

  • Hierdie resep kom van Maaltye sonder moeite deur Debbie Wareham en Kim Jurgens. Klik hier vir nog inligting oor hierdie nuttige resepteboek.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.