Daniel Radcliffe dink sy gaysekstoneel sal aanhanger skok.

Dis vir die ster van Harry Potter lekker om deesdae in kleiner rolprente te verskyn. Sy rol as die digter Allen Ginsberg in Kill All Your Darlings kan kykers ontstel, erken hy.

Hy het aan die tydskrif Total Film gesê: “Dit het gevoel asof ek iets nuuts doen. Die meeste akteurs verskyn in kleiner rolprente wanneer hulle grootword, en kry dan iets groot. Ek het in die grootste rolprent ter wêreld begin. Dis dus vir my ’n nuwe ervaring. Ek is seker mense sal effens . . . um . . . geskok wees oor die gaysekstoneel.”

Die 24-jarige akteur het tog gesê die tonele is nie so grafies soos mense dalk mag dink nie. “Jy sien nie eintlik iets nie. Dis die emosie van die toneel wat grafies uitgebeeld word. Dis ’n baie weerlose, effens vreesbevange oomblik. Dit maak dit pragtig en teer.”

Daniel het beweringe ontken dat hy die rol van Freddie Mercury in ’n rolprent sal vertolk. “Ek is heeltemal verkeerd vir daardie rol.”