Die voorval het plaasgevind in Rooshoutstraat, Heuweloord, Centurion.

Met ER24-paramedici se aankoms op die toneel, het hulle die vrou met veelvuldige beserings op ’n sypaadjie aangetref.

Hulle het haar ondersoek en vasgestel sy het talle wonde aan haar arms en bene opgedoen.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vrou is vir haar beserings behandel en na ’n nabygeleë hospitaal gebring vir verdere mediese behandeling.

“Sy het ook pynmedikasie gekry," sê hy.

"Luidens berigte het die vrou in die straat afgeloop toe die hond naderkom en haar aanval. Kort ná die aanval het die hond by ’n huis daar naby ingehardloop.”