Die voorval het omstreeks 19:30 op die hoek van Maple en Constantia straat in Pomona, Kempton Park plaasgevind.

Luidens berigte het die polisiebeampte ’n enkele skietwond aan sy been opgedoen ná hy stilgehou en vyf mans in ’n voertuig ondervra het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, het die voorval bevestig en sê die verdagtes het van die toneel gevlug.

“’n Oor en weer skietery het uitgebreek en die verdagtes het die toneel verlaat. Die beampte is na ’n hospitaal in Benoni vervoer vir verdere mediese behandeling.”

Volgens Annine was plaaslike owerhede op die toneel vir verdere ondersoek.