Die seun, wat 13 maande oud was, is Woensdagaand laas by sy huis in Jabulani gesien, sê polisiewoordvoerder kapt. Kay Makhubele.

Toe die pa die seun se verdwyning aangemeld het, het hy gesê hy het hom by ’n vrou, wat hy onlangs ontmoet het, gelos sodat hy sigarette by ’n nabye winkel kon gaan koop.

Die pa sê met sy terugkeer het dié twee verdwyn.

Die seun se lyk is intussen agter die Shoprite in Zola gevind.

Makhubele sê die pa het na bewering die seun vermoor, sy lyk in ’n sportsak gesit en dit tussen riete gelos. 

’n Sak, ’n t-hemp en ’n Koran is as bewysstukke ingedien.

Die 41-jarige is gearresteer en sal na verwagting binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

Bron: News24