’n Elektriese koord is gebruik om sy 73-jarige pa se nek in die voorval Maandagaand, sê kapt. Xoli Mbele.

Die man (33) was ten tyde van die voorval saam met ’n neef.

“Die neef het homself in die badkamer toegesluit en toe om hulp geskree. Die polisie het vinnig reageer en dit het tot die inhegtenisname van die verdagte gelei,” sê Mbele.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Mbele het gesê die seun sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Bron: News24