Kelvin Thompson (23) van Eldoradopark is Woensdag skuldig bevind op agt aanklagte van verkragting in die hooggeregshof in Johannesburg. Hy is vrygespreek op een aanklag van seksuele gereedmaking. 

Thompson het emosieloos gelyk toe die waarnemende regter sy uitspraak lewer. 

Petersen het gesê hy het ’n skootrekenaar verloor wat besonderhede oor die uitspraak bevat het, en sou Vrydag sy redes vir die skuldigbevinding verskaf. 

Thompson het onskuldig gepleit.

Hy is in Augustus 2015 in hegtenis geneem ná bewerings dat hy agt seuns verkrag en nog een seksueel gereed gemaak het.

Die seuns was tussen agt en 13 jaar oud. Volgens die akte van beskuldiging het Thompson die misdade tussen 2014 en 2015 gepleeg.

Volgens die staat het hy ook van sy slagoffers naby New Canada-weg genader waar hy ’n vuurwapen op hulle gerig en hulle op kragdadige wyse na ’n nabye veld geneem het.

Hy het die seuns na bewering gesodomiseer. ’n Ma het voorheen getuig hoe haar seun (nou 15) op pad vanaf die skool in 2015 verkrag is. 

Die vrou het gesê haar seun het bang gelyk en gehuil toe hy die voorval met haar deel. Sy het getuig sy het bloed gewaar toe sy hom ondersoek.

Bron: News24