Die Gateway To Space-uitstalling duur tot 31 Julie 2016 voort.

Die eerste 10 houers van die Gateway to Space-uitstalling, die grootste uitstalling wat nog in Suid-Afrika was, het vandeesweek in die land aangekom. Nog sewe is op pad en alles is slaggereed vir die uitpak en opstel van die uitstalling by die Sandton-konferensiesentrum.

[caption id="attachment_125155" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Ons kan skaars wag om hierdie merkwaardige internasionale uitstalling in die Sandton-konferensiesentrum aan te bied,” sê Minette Ferreira, woordvoerder van Media24.

“Meer as 30 mense sal 10 dae lank werk om die uitstalling op te stel,” sê Minette Ferreira, hoof van Weeklikse Tydskrifte by Media24.

Minette het ook gesê 31 plasmaskerms en meer as 480 m drapering sal gebruik word om ’n onvergeetlike ervaring te skep.

[caption id="attachment_125157" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Die ongelooflike belangstelling in Boedapest in Hongarye het die getal besoekers in Praag, Tsjeggië, verlede jaar oortref en dus gesorg vir ’n nuwe rekord, sê Mike Flachbart van die Amerikaanse ruimte-en-vuurpylsentrum, wat die uitstalling reël.

Die organiseerders het die besoektye verleng om in die groot vraag te voorsien; aan die einde van die uitstalling is die sluitingstyd tot ná middernag uitgestel.

[caption id="attachment_125160" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Wat jy kan verwag

Die grootste deel van die uitstalling is die 15 m hoë lewensgroot replika van die Mir-ruimtestasie se kernmodule. Dié module was die primêre leefruimte vir die bemanning. Binne-in sal jy kontroles vir omgewingstelsels, die stasie se hoofenjins en die hoogtebeheerstelsels sien.

Een van Mir se talle rekords sluit in die langste menslike ruimtevlug onderneem deur Waleri Poljakof, wat van Januarie 1994 tot Maart 1995 altesaam 437 dae agtereenvolgens in die ruimte deurgebring het. Minette sê besoekers sal die geleentheid kry om daarin te loop en die knoppies en kontroles te sien van hierdie replika, wat 20 000 kg weeg.

Nog ’n hoogtepunt is ’n oorspronklike Sowjet-Sokol-ruimtepak wat in ’n lugbeheerde omhulsel na Suid-Afrika gevlieg word. Ruimtevaarders van die Russiese Sojoes-ruimtetuig gebruik dié pak.

Dit is die eerste keer in 1973 gebruik en word vandag nog op alle lanserings na die Internasionale Ruimtestasie gedra. Die pak, wat sowat 10 kg weeg, is nie vir gebruik buite die kapsule in die ruimte nie, maar beskerm die bemanning teen onverwagte dekompressie wat gebeur het toe die Sojoes 11 uit die Saljoet 1-ruimtestasie vertrek.

Bespreek jou kaartjies

Spesifieke tydgleuwe sal in werking wees vir besoekers om deur die uitstalling te stap (om toue te beperk) en ’n reis deur die ruimte te ervaar, sowel as om ’n paar ekstra interaktiewe sessies te geniet. Kaartjies is beperk; bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Kaartjiepryse:

Enkelkaartjie (volwassene): R180

Enkelkaartjie (kinders tussen 18 maande en 18 jaar): R120

Gesinskaartjie: R520 vir ’n gesin van vier

Skoolpakkette is ook beskikbaar en sluit ’n gratis kaartjie vir ’n volwassene in vir elke bespreking van 20 skoolkinders. Stuur ’n e-pos na space@megatrav.co.za vir nog inligting of om te bespreek.

Alle kaartjies (behalwe skoolpakkette) is beskikbaar by Computicket.

Vir nog inligting oor dié opwindende uitstalling, gaan na gatewaytospace.co.za.

Ander ruimtestories op Huisgenoot.com

Elon Musk mik nou volstoom na Mars . . . binne 24 maande!

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders

Bel ons binnekort vir ET? Stephen Hawking meen beslis so

Dié foto van Suid-Afrika vanuit die ruimte sal jou asem wegslaan

Houston, ons het ’n superaanhanger! SA man besoek Nasa meer as 60 keer