Ná ’n suksesvolle uitstalling in Europa kom Gateway to Space: Die Uitstalling, na Suid-Afrika. Die uitstalling word van 1 Junie en 31 Julie 2016 in die Sandton-konferensiesentrum aangebied.

GTS colour on black HG

Dis werklik ’n uitsonderlike ervaring waar jy selfs die geleentheid sal kry om aan ’n maanklip te vat!

Meer as 60 ruimte-aantreklikhede, onder meer ’n regte maanklip, ’n lewensgroot replika van die Mir-ruimtestasie se kernmodule, ’n Sputnik 1-model en die kans om ’n model van die Apollo-kapsule te sien, vorm deel van die uitstalling.

Gateway to Space: Die Uitstalling, word aangebied deur Huisgenoot, YOU en Drum en bring vir die eerste keer die groot avontuur van ruimteverkenning na Suid-Afrika.

Ervaar die wonder en drama van die mens se reise na die ruimte – vanaf 1903 en tot in die toekoms, wanneer die mens na Mars sal reis – saam met ’n uitsonderlike versameling ruimte-instrumente, -artefakte en die ruimtetuie wat drome uit die ou dae verwesenlik het.

“Die uitstalling word in 20 houers verskeep vanaf Boedapest (waar dit op die oomblik is), wat dit die grootste uitstalling maak wat tot dusver na Suid-Afrika gekom het,” sê Minette Ferreira, woordvoerder van Media24. “Wêreldwyd het al amper 1 miljoen mense na die uitstalling gestroom.

“Een van die menigte hoogtepunte is ’n replika van die Russiese ruimtestasie Mir se kernmodule, wat teen ’n helling staan om die effek van hoogte bo die aarde beter uit te beeld. Jy kan binne rondloop en ook ’n model van die vlieënierskajuit van so ’n stasie sien.”

Nog opwindende aantreklikhede by die uitstalling is vier oorspronklike ruimtepakke, die oorspronklike Multi Axis Trainer (MAT)* wat ruimtevaarders gebruik om voor te berei op hul ekspedisie, ’n kykie na hoe ’n regte ruimtetoilet lyk, die kos wat ruimtevaarders eet en ’n model van die Orion-kapsule, wat ontwerp is vir toekomstige ruimtevaarte na Mars.

Van die jongspan wat hierdie items vir die eerste keer teëkom, tot die ouer geslag wat al geleef het toe die eerste mens op die maan geloop het, sal die Gateway to Space-uitstalling elkeen in die familie se verbeelding aangryp.

[caption id="attachment_116657" align="alignnone" width="600"]Het jy al gewonder hoe dit is om in die ruimte te wees? Het jy al gewonder hoe dit is om in die ruimte te wees?[/caption]

Spesifieke tydgleuwe sal in werking wees vir besoekers om deur die uitstalling te stap en ’n reis deur die ruimte te ervaar, sowel as om ’n paar ekstra interaktiewe sessies te geniet. Kaartjies is beperk; bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Kaartjiepryse:

Enkelkaartjie (volwassene): R180

Enkelkaartjie (kinders tussen 18 maande en 18 jaar): R120

Gesinskaartjie: R520 vir ’n gesin van vier.

Skoolpakkette is ook beskikbaar, en sluit ’n gratis kaartjie vir ’n volwassene in vir elke bespreking van 20 skoolkinders. Stuur ’n e-pos na space@megatrav.co.za vir nog inligting of om te bespreek.

Alle kaartjies (behalwe skoolpakkette) is beskikbaar by Computicket.

Vir nog inligting oor dié opwindende uitstalling, gaan na www.gatewaytospace.co.za.