’n Pa en sy sewe kinders is almal saam dood. Hoewel die oorsaak van hul gesamentlike afsterwe nog ondersoek word, word koolstofmonoksiedvergiftiging as moontlike rede aangevoer.

’n Pa en sy sewe kinders is almal saam dood.

Die elektrisiteit na die woonstel is onlangs deur die verskaffer afgesny omdat daar ’n foutiewe konneksie was. Dit het die pa genoop om ’n kragopwekker in die woonstel op te stel om verwarmers en ander toebehore te kon gebruik.

Die kragopwekker wat die pa desnoods moes gebruik, het gevaarlike hoeveelhede koolstofmonoksied uitgeblaas en die hele gesin is blykbaar in hul slaap oorlede.

Hul ma is verwittig, maar die gesin se name word nog weerhou.

*Volgens wetgewing mag kragvoorsieners nie die elektrisiteit tydens die koue wintermaande in Maryland afskakel nie, juis omdat mense so afhanklik van verhitting is.

Die kragverskaffer word nou ondersoek.

Bronne: CNN; Fox News