Jennifer Garner en Ben Affleck “gee nog om vir mekaar”.

Die paartjie het onlangs die tonge laat klap dat hulle dalk gaan versoen toe hulle so gelukkig en ontspanne in mekaar se geselskap gelyk het toe hulle Dinsdag ’n gesinsberadingsentrum verlaat.

’n Bron na aan die paartjie sê egter daar is geen planne om die egskeiding uit te stel nie.

“Daar is geen versoening nie,” het die bron aan People.com gesê. “Hulle werk met ’n professionele persoon omdat daar emosies betrokke is en hulle die oorgang so maklik as moontlik vir hul gesin wil maak.”

Die paartjie het ’n negejarige dogter, Violet, sesjarige dogter Seraphina en driejarige seun Samuel. En noudat hulle die amptelike deel van hul egskeiding aanpak, is die belangrikste ding om te verseker dat hul kinders gelukkig en oukei is.

“Hulle werk saam en hou dinge vriendskaplik,” sê die bron. “Dis iets waaraan hulle al vir meer as ’n jaar lank werk – en hulle is nog steeds ’n sterk eenheid. Dis nie net vir die kinders nie – dis ook vir hulle. Hulle gee om vir mekaar.”

Jennifer en Ben het die Amerikaanse somervakansie met hul kinders deurgebring en woon net ’n paar deure weg van mekaar. Die 43-jarige aktrise woon in die gesinshuis en Ben woon in ’n huurhuis ’n paar deure verder.

Die voormalige paartjie het einde Junie aangekondig hulle gaan skei, ’n dag ná hul tiende huweliksherdenking. Voor hulle die nuus bevestig het, het dit al gegons dat hulle gaan skei en daar is sedertdien beweer hulle het vir sowat twee jaar berading as paartjie ontvang.

© Cover Media