Masels het hom kort voor sy troue platgetrek, maar die sexy dokter Gareth Tjasink het gou genoeg aangesterk om voor die kansel te staan. En moenie dink die voormalige Survivor-finalis steur hom aan bygelowe oor die groot dag nie.

Katharine Fisher het geen oomblik gehuiwer om haar bruidegom se raad oor die trourok te vra nie. ‘‘Sy het gesê ons troue is die belangrikste dag in haar lewe en ek is haar beste vriend. Hoe kan sy dan nou ’n trourok kies sonder om my mening te vra?’’ het die sexy Archer’s Aqua-ster vertel ’n paar dae ná hul troue op die wynlandgoed Langverwacht buite Stellenbosch.

Hulle het die volmaakte rok ’n paar jaar gelede in ’n uitgawe van die tydskrif Vogue gesien. Katha-rine het dit weer op die internet opgespoor en Gareth het die skepping van Spaanse kant toe uit Spanje ingevoer. ‘‘Ons het darem ooreengekom ek sal nie die rok voor die troue aan Kath sien nie,’’ voeg Gareth by. Ook maar goed . . .

Lees ook oor Cindy Nell se modeboek, Nicholis Louw se gewigsverlies en Louis Fish se liefdeslewe in Huisgenoot van 24 Desember.