Gareth Cliff begin volgende maand sy eie aanlyn radiostasie, Cliff Central.

Die voormalige 5FM-aanbieder het Maandag sy radiostasie se webtuiste op Facebook bekend gestel.

Volgens Rina Broomberg, Gareth se bestuurder, sal daar op dié radiostasie oor enigiets gepraat word.

"Vanaf politiek tot maatskaplike kwessies,” het sy gister gesê.

Volgens Broomberg gaan Cliff Central benewens Gareth se bekende vingerafdruk ook ’n paar bekende gesigte bykry.

“In hierdie stadium kan geen name bekend gemaak word nie, maar dit is goeie mense. Cliff Central gaan ook nuwe talent gebruik,” het sy gesê.

Cliff Central begin op 1? Mei.