Dit was Gareth se antwoord op Twitter op vrae oor hoekom sy program, The Gareth Cliff Show, ná net ’n maand en ’n half nie meer op die kanaal uitgesaai gaan word nie.

Viacom International Media Networks Africa (VIMN), wat Comedy Central bedryf, het bevestig die uitsending van die program gaan einde Junie ná net 42 episodes gestaak word. Dit volg nadat die uitsending begin vandeesmaand na ’n vroeër tydgleuf geskuif is, van 07:35 na 06:00, in ’n poging om nog kykers te lok.

“Kreatief gesproke het ons gedink die program was ’n sukses. Dit was ook Comedy Central se eerste regstreekse program, ons eerste gelokaliseerde aktuele nuusprogram in Afrika en ons eerste formele onderneming met Gareth Cliff,” het Alison van VIMN aan Huisgenoot gesê.

“Ongelukkig het veranderinge aan die formaat en tydgleuf nie genoeg kykers gelok nie; ons het toe besluit om die program te staak.