HY STAAN nie verniet bekend as Suid-Afrika se nommereen-skokjoggie nie.

Gareth Cliff het al dikwels opskudding oor die radiogolwe veroorsaak en is al meer as een keer geskors.

Maar niks gaan die 5FM-platejoggie en Idols-beoordelaar keer om te sê wat hy dink nie – hy was weer onlangs in die nuus toe hy op sy webtuiste ’n skerp bewoorde brief aan die regering geskryf het.

Daarin het hy hulle gekritiseer oor alles van swart ekonomiese bemagtiging tot die onderwys, korrupsie en die verwekking van buite-egtelike kinders.

Toe word hy vir middagete genooi saam met die presidensiële woordvoerder Zizi Kodwa sodat hy sy hart kan uitpraat.

Maar net omdat ’n olyftak hom aangebied is, beteken dit nie hy gaan ophou om sy mening te lug nie, sê hy.

Daarom het ons Gareth gevra om nog ’n brief te skryf, hierdie keer aan Huisgenoot se lesers. En soos gewoonlik draai hy nie doekies om nie, maar die kern van die saak is: Moenie net kerm nie, doen iets!

Lees die volledige brief in die Huisgenoot van 4 November 2010