“Ek mag nie ons klant se naam verklap nie,” het Arshad Mahmood gesê. Hy is die grootbaas van Apsley Tailors, wat klere maak vir die Engelse sokkerspanne West Ham United en Fulham. “Ek kan wel sê die pak is volgens bestelling gemaak. Ons het gare van 22 karaat goud gebruik en die pak met diamantknope afgerond.”