Game of Thrones-aanhangers, staan nader: Jorah Mormont is in die Kaap! Iain Glen, wat Jorah in die gewilde televisiereeks speel, is onlangs by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gesien, waar hy besig is om ’n fliek te verfilm.

Lede van die verfilmingspan en ekstras op die stel het gesê hulle skiet ’n fliek genaamd Eye in the Sky. Die fliek handel oor militêre onbemande vliegtuie en die regisseur is Suid-Afrika se eie Gavin Hood. Die Oscar-bekroonde akteurs Colin Firth en Helen Mirren speel ook daarin, asook die Emmy-bekroonde Aaron Paul. Maar Iain is nie al bekende akteur wat die naweek in Kaapstad werk nie; die Australiese aktrise Rebel Wilson het ’n foto van haar getwiet op die stel van haar jongste fliek, Grimsby.

Grimsby is ’n komedie oor ’n Britse spioen met ’n dom broer wat ’n gewelddadige sokkeraanhanger is. Sacha Baron Cohen, wat die draaiboek geskryf het, Penélope Cruz, Isla Fisher, Gabourey idibe en Mark Strong speel ook daarin.

- Petro-Anne Vlok

Ekstra bronne: imdb.com, thewrap.com