American Crime Story: The People v. O.J. Simpson en Game of Thrones was bobaas by die 2016 Emmy-toekennings wat Sondag gehou is.

Die televisieverwerking van die gevalle sportheld O.J. Simpson se moordverhoor het 22 benoemings ontvang en vinnig die pryse ingeryg, insluitend die toekenning vir beste beperkte reeks.

Sarah Paulson is aangewys as beste aktrise in ’n beperkte reeks of rolprent vir haar vertolking van die aanklaer Marcia Clark, wat haar metgesel na die Emmys was. Courtney B. Vance het Cuba Gooding, Jr. geklop en is aangewys as beste akteur vir sy rol as OJ se prokureur Johnnie Cochran.

Sterling K. Brown is as beste byspeler aangewys en die skrywer D.V. DeVincentis het die draaiboek-prys gewen.

Game of Thrones, wat gegrond is op George R. R. Martin se fantasieverhale, was die ander groot wenner. Dis bekroon met beste dramareeks en beste regie van ’n dramareeks. Maar die akteurs uit daardie reeks wat benoem was, is geklop deur Rami Malek (Mr. Robot), Tatiana Maslany (Orphan Black), Ben Mendelsohn (Bloodline) en dame Maggie Smith (Downton Abbey).

Veep is vir ’n tweede agtereenvolgende jaar as beste komediereeks bekroon, en die ster Julia Louis-Dreyfus het haar vyfde agtereenvolgende prys vir beste aktrise in ’n komediereeks gewen. Dit was ’n bittersoet oorwinning vir die voormalige ster van Seinfield, wat die toekenning aan haar pa, William, opgedra het wat Vrydag in die ouderdom van 84 gesterf het.

Jeffrey Tambor is aangewys as beste akteur in 'n komedie vir Transparent. Hy’t dié prys ook verlede jaar gewen.

Jeffrey het hulde gebring aan sy wyle pel Garry Shandling, en Henry Winkler het huldge gebring aan Garry Marshall, skepper van Happy Days, voor die jaarlikse segment waar ontslape sterre van die afgelope jaar onthou is, waaronder David Bowie, Alan Rickman, Gene Wilder, Prince, Muhammad Ali, Patty Duke, Anton Yelchin, Doris Roberts, Natalie Cole, Merle Haggard en Glenn Frey.

Die 68ste jaarlikse Emmy-toekennings, wat die beste talent in die televisiebedryf vier, is deur Jimmy Kimmel by die Microsoft-teater in Los Angeles aangebied.

Die vernaamste wenners is:

Beste dramareeks: Game of Thrones

Beste akteur in ’n dramareeks: Rami Malek, Mr. Robot

Beste aktrise in ’n dramareeks: Tatiana Maslany, Orphan Black

Beste manlike byspeler in ’n dramareeks: Ben Mendelsohn, Bloodline

Beste vroulike byspeler in ’n dramareeks: Dame Maggie Smith, Downton Abbey

Beste gasspeler (manlik) in ’n dramareeks: Hank Azaria, Ray Donovan

Beste gasspeler (vroulik) in ’n dramareeks: Margo Martindale, The Americans

Beste regie vir ’n dramareeks: Miguel Sapochnik, Game of Thrones - Battle of the Bastards

Draaiboek vir ’n dramareeks: David Benioff and D. B. Weiss, Game of Thrones - Battle of the Bastards

Beste komediereeks: Veep

Beste akteur in ’n komediereeks: Jeffrey Tambor, Transparent

Beste aktrise in ’n komediereeks: Julia Louis-Dreyfus, Veep

Beste manlike byspeler in ’n komediereeks: Louie Anderson, Baskets

Beste vroulike byspeler in ’n komediereeks: Kate McKinnon, Saturday Night Live

Beste gasspeler (manlik) in ’n komedireeks: Peter Scolari, Girls

Beste gasspeler (vroulik) in ’n komediereeks: Tiny Fey en Amy Poehler, Saturday Night Live

Beste regie vir ’n komediereeks: Jill Soloway, Transparent - Man on the Land

Beste draaiboek vir ’n komediereeks: Aziz Ansari and Alan Yang, Master of None - Parents

Beste beperkte reeks: The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Beste televisiefliek: Sherlock: The Abominable Bride

Beste akteur in ’n beperkte reeks of fliek: Courtney B. Vance, The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Beste aktrise in ’n beperkte reeks of fliek: Sarah Paulson, The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Beste manlike byspeler in ’n beperkte reeks of fliek: Sterling K. Brown, The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Beste vroulike byspeler in ’n beperkte reeks of fliek: Regina King, American Crime

Beste regie vir ’n beperkte reeks of rolprent: Susanne Bier, The Night Manager

Beste draaiboek vir beperkte reeks of rolprent: D.V. DeVincentis, The People v. O.J. Simpson: American Crime Story - Marcia, Marcia, Marcia

Werklikheidskompetisieprogram: The Voice

Beste verskeidenheids-gespreksprogram: Last Week Tonight with John Oliver

Beste regie vir ’n verskeidenheidsprogram: Alex Rudzinski en Thomas Kail, Grease Live!

Beste draaiboek vir ’n verskeidenheidsprogram: Patton Oswalt, Patton Oswalt: Talking for Clapping.

© Cover Media