Die Girls-aktrise het op 19 November haar eerste kind verwelkom: ’n dogter, Rosemary. Die pa is Chris Dapkins, jare lank Gaby se maat.

En, nadat sy Maandagaand ’n rietskraal lyfie ten toon gestel het by die Season 4-première van die HBO-reeks, het die 32 jaar oue dame die geheime omtrent haar gewigsverlies aan die People-tydskrif verklap.

“Plasenta, plasenta, plasenta. Eet net daardie gemors op. Dit is goed vir ’n meisie,” het sy bely. “Jy proe (dit) nie eens nie.” Gaby het bygevoeg dat die voedingstowwe wat sy uit die geboorte-orgaan gekry het redelik eenvoudig was en dat dit haar melkvoorraad en haar energie ’n hupstoot gegee het – iets wat elke nuwe ma nodig het. Maar die ster gee toe dat sy dit nie au naturel (in die natuurlike vorm) geëet het nie, maar dit gekombineer het met ander gesonde bestanddele om dit smaakliker te maak.

'Plasenta, plasenta, plasenta. Eet net daardie gemors op. Dit is goed vir ’n meisie.'

“Ek het drie weke lank skommeldrankies daarvan gemaak,” het sy voortgegaan. “Dit was ‘n tuisgeboorte, dus het my vroedvrou en my doula (metgesel by geboorte) dit geneem, dit in 20 stukke opgekap en dit gevries. Ek het elke dag ‘n stuk daarvan saam met aarbeie, bloubessies, koejawelsap en ‘n piesang versap en die brousel gedrink.“

Onmiddellik ná die geboorte van Rosemary was Gaby super gesond, dus was sy in die wolke oor die geleentheid om mooi aan te trek en die première in New York te kan geniet.

“Ek was by die huis met my baba. Dit is my eerste aand uit,” het sy gesê. “Om uit te kom na die Museum of Natural History waar jy Girls kan sien en ’n drankie saam met jou vriende kan geniet? Kan jy jou ‘n beter aandjie uit voorstel?"

Die skone brunet het op die rooi tapyt verskyn in ’n swart katpak, waarby sy turkoois hoëhakskoene en ’n blerts roospienk lipstiffie gedra het.

© Cover Media