Maar hulle is inderdaad manne wat tydens veral die afgelope Super Rugby-seisoen telkemale gewys het waartoe hul werklik in staat is.

Andries Coetzee (Goue Leeus), Raymond Rhule (Cheetahs), Courtnall Skosan (Goue Leeus) en Ross Cronje (Goue Leeus), met Dillyn Leyds (Stormers) as plaasvervanger, het stewige vertonings op die rugbyveld gelewer.

Coetzee het aan Sport24 gesê dat daar foute gemaak kan word, maar hy hou van wat hy in sy span sien en dis energie en intensiteit.

Nuwe tye, nuwe hoop?

Boonop trek die Bokke vandag ook 'n nuwe trui met 'n nuwe borg aan.

Terloops, teen vyfuur vanmiddag behoort die kwik (met moeite) op Loftus Versfeld aan 16 °C vas te byt, maar teen afloop van die wedstryd word daar gereken dit gaan tot 9 °C  daal.

Die bittereinders langs die veld moet seker maak dat daar warm genoeg aangetrek moet word, alhoewel ons glo dat die wedstryd self ’n paar hetige oomblikke gaan oplewer.

Pitkos

11 Januarie 1913: Die eerste Toets tussen Suid-Afrika en Frankryk in Bordeaux. Die Bokke wen 38:5.
Die langste en die kortste: Eben Etzebeth staan 2,04 m hoog in sy sokkies. Elton Jantjies en Bongi Mbonambi maak in geesdrif op vir hul 1,76 m.
Springbokkaptein: Met die aanwys van Warren Whiteley as kaptein, word hy die 14de Bokkaptein uit die Goue Leeus se geledere. Hy is ook Suid-Afrika se 58ste Bok-kaptein.

Springbokke:
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Jesse Kriel, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Oupa Mohoje, 6 Siya Kolisi, 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Francois Hougaard, 22 Frans Steyn, 23 Dillyn Leyds

Frankryk:

15 Brice Dulin, 14 Yoann Huget, 13 Henry Chavancy, 12 Gaël Fickou, 11 Virimi Vakatawa, 10 Jules Plisson, 9 Maxime Machenaud, 8 Louis Picamoles, 7 Loann Goujon, 6 Yacouba Camara, 5 Yoann Maestri (kapt.), 4 Julien le Devedec, 3 Uini Atonio, 2 Clément Maynadier, 1 Jefferson Poirot
Plaasvervangers: 16 Camille Chat, 17 Eddy Ben Arous, 18 Mohamed Boughanmi, 19 Bernard le Roux, 20 Kévin Gourdon, 21 Baptiste Serin, 22 Jean-Marc Doussain, 23 Vincent Rattez

Die wedstryd begin om 17:05 op Loftus Versfeld.