Volgens hulle sal dit vanjaar iewers tussen 22 en 28 September wees.

Volgens die Mirror het teoritici die gebeurtenis, wat oor drie maande gaan plaasvind, op verskeie blogs en webwerwe bespreek. Hulle het ook aangedui dat daar ‘n sewe-jaar-tydperk van swaarkry sal volg nadat ons planeet deur die asteroïed getref is.

Die samesweringsteoritici beweer voorts dat hierdie apokalips gevolg sal word deur die ontstaan van ’n Nuwe Wêreldorde wat die wêreld sal oorneem en bestuur.

Hulle sê politici van oor die hele wêreld is bewus van die naderende asteroïed, maar hulle het besluit om nie die mense daaromtrent in te lig nie.

Sommige samesweringsteoritici het bevestig dat die skeuring sal begin as gevolg van ‘n insident by die Groot Hadron-botser, wat 175 meter onderkant die Frans-Switserse grens naby Genève, Switserland, geleë is.

NASA het intussen ’n verklaring uitgereik wat lui dat hulle die berig dat ’n asteroïed die aarde gaan tref, geheel en al verwerp.

“NASA weet nie van enige asteroïed of komeet wat tans op ’n botsingsroete met die aarde is nie, dus is die moontlikheid van ’n groot botsing uiters skraal,” het hulle opgemerk.

NASA het verder verklaar dat ‘n groot asteroïed nie die aarde voor oor ten minste 100 jaar sal tref nie.