Die tyd staan nie stil nie. En in ons vinnig bewegende digitale era laat die tegnologie ook nie op hom wag nie.

Samsung werk al van 2009 af aan hul vlagskip-toestel, die Galaxy S-reeks en beplan glo nog ’n opwindende model. Die Android-vervaardiger is bekend daarvoor dat hulle elke jaar dié tyd ’n nuwe model bekendstel. Dit het dus sin dat die nuwe S5 op die S4 sal volg.

Maar die S5 gaan dalk iets hê wat geen ander toestel het nie: ’n iris-skandeerder. Dit sal ’n stappie voor Apple se ID-vingerafdruk-skandeerder op die iPhone 5S wees. Luidens berigte “ondersoek Samsung die moontlikheid” van ’n iris-skankeerder, maar is dié kenmerk nog nie bevestig nie.

Lee Young Hee, die uitvoerende adjunkvoorsitter vir mobiele sake by Samsung, het aan Bloomberg gesê die maatskappy beplan om die Galaxy S5 in Maart of April uit te reik. Sy voorganger, die S4, is laat in April verlede jaar uitgereik.

Saamgestel deur Megan Bursey

Bronne: International Business Times, Time tech, Expertreviews.co.uk