Rob (27), wat onlangs uitgemaak het met die aktrise Kristen Stewart nadat sy verlede jaar ’n affair gehad het met die regisseur Rupert Sanders (42), is die naweek saam met Riley by sy huis in Los Feliz, Los Angeles, gesien. Riley (24) het toevallig in 2010 saam met Kristen (23) aan die fliek The Runaways gewerk en was voorheen verloof aan die akteur Alex Pettyfer (23).  Onlangs is ook onthul hoewel Robert liedjies skryf om hom te help om Kristen te vergeet, gaan hy dit nie uitreik nie. ’n Bron het vertel: “Rob het nog altyd in musiek belanggestel, maar sy loopbaan en sy verhouding met Kristen het op dieselfde tyd vlamgevat, so iets moes agterweë bly. “Hy het dit regtig geniet om weer kitaar te speel en dit het hom iets gegee om op te konsentreer toe die verhouding vou. Almal sê hy is regtig talentvol, maar hy hou vol ons sal hom vir eers net in flieks sien.” Tog het Rob tydens sy Twilight-dae aan twee liedjies vir die fliek gewerk: Never Think en Let Me Sign. Hy ook vroeër gesê hy wou eintlik ’n musikant word, nie ’n akteur nie. Hy het vertel: “Ek is mal oor die klavier. Ek het nooit eintlik daarvan gedroom om ’n akteur te word nie. Kleintyd wou ek die klavier in die kroeg speel; ek wou die ou man met die whiskeyglas wees.”