Rob (27), wat enkellopend is sedert hy vroeër vanjaar met sy Twilight-medester Kristen Stewart (23) uitgemaak het, is gaande oor Sarah (26) sedert hulle in 2011 op die stel van Cosmopolis ontmoet het. Hulle bring selfs meer tyd saam deur noudat hulle mekaar weer op die stel van hul jongste rolprent, Maps To The Stars, raakgeloop het.

’n Bron het die Amerikaanse uitgawe van OK! Magazine meegedeel: “Daar is regtig ’n vonk tussen hulle; hulle het begin saamkuier nadat die dag se verfilming afgehandel is.

“Hulle het baie geheg aan mekaar geraak. Tussen tonele deur sit hulle dikwels op hul eie en gesels. Nes Rob stel Sarah ook baie in kuns en letterkunde belang. Hulle gesels selfs oor Engelse sokker omdat sy na wedstryde op TV kyk. Hulle het baie gemeen.”

Daar word gereken Robert is gek oor Sarah omdat sy nie by hom aanlê nie. Die bron het bygevoeg: “Daar is ’n aantrekkingskrag en Rob het baie pret met Sarah. Sy is soos ’n vars briesie ná Kristen en hulle lyk na ’n oulike paartjie.”