Kim Kardashian se broer gaan haar dalk kansel toe begelei omdat haar ma nie wil hê haar stiefpa moet dit doen nie.

Rob moet glo nou inspring wanneer Kim met Kanye West trou omdat Kris Jenner glo nie wil hê haar vervreemde man, Bruce Jenner, moet dit doen nie. Kris en Bruce se paaie het vroeër vandeesmaand geskei.

Die besluit veroorsaak blykbaar reeds spanning, want Bruce – wat Kim in 2011 kansel toe vergesel het toe sy met Kris Humphries trou – het Kim, haar susters Khloé en Kourtney en hul broer Rob van hul kinderdae grootgemaak en hy was ’n konstante pa-figuur in Kim se lewe sedert hul pa, Robert Kardashian, in 2003 aan kanker dood is.

“Kris dink Rob moet dit doen noudat sy en Bruce uitmekaar is en sy dink dis dalk nie ’n goeie idee om Bruce te vra ná die Kris Humphries-troue nie, maar Kim en haar susters verkies Bruce en beskou hom steeds as hul pa.”

Kim – wat in ’n luukse seremonie by Kris getrou het wat op haar E!-werklikheidsreeks Keeping Up with the Kardashians uitgesaai is voor hulle 72 dae later uitmekaar is – wil glo dié keer ’n stemmige troue hê.