Die energieke Kylie van der Westhuizen (10), dogter van die sanger en aktrise Amor Vittone en die rugbylegende Joost van der Westhuizen, het Dinsdag sommer gou haar slag gewys as “vervaardiger” agter die skerms van haar ma se gewilde program, Skoonma-Se-Tong.

Amor vertel dis skoolvakansie en Kylie wou nie weer sonder haar ma by tuisbly toe sy douvoordag opstaan om te gaan werk nie.

Lees ook: Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Sy het vir Kylie ’n kussing saamgeneem om verder daar te dut.

“Eers was sy stil, maar kort voor lank, toe eet sy sommer brekfis saam met almal!”

[caption id="attachment_122720" align="aligncenter" width="591"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Amor vertel die vervaardigers van dié program op VIA het haar gou onder haar vlerk geneem.  In die program spook ’n man se vrou en ma in die kombuis om sy gunstelinggereg te berei. Hy moet dan albei geblinddoek proe en die beste een kies.

Lees ook: Kyk watter sangeres verjaar vandag!

“Kylie het gou agter die kamera ingeklim. Later het sy selfs die skakels afgemerk. Die volgende oomblik, toe hulle begin aftel “10 . . . 9 . . . 8”, skree sy: “Remember to smile!”

[caption id="attachment_122719" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Kylie het ook vinnig gesnap wanneer hulle moet “Cut!”

[caption id="attachment_122721" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Kylie is baie kreatief. Sy het dit baie geniet, ook toe die grimeerkunstenaars haar onder hande neem . . .”

Wie weet? Dalk volg Kylie nog in haar ma se voetspoor!

– Jana van der Merwe

Ook op Huisgenoot.com:

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa