Die baba word na verwagting Saterdag gebore.

Toe William in 1983 net nege maande oud was, het sy ouers, wyle prinses Diana en prins Charles, hom op ’n soortgelyke reis geneem.

William en Catherine sal dalk inloer by die voormalige Australiese premier Julia Gillard om dankie te sê vir die babageskenk wat sy vir hulle maak.

Die politikus (51), wat verlede maand haar pos as eerste minister verloor het, is besig om ’n rooi kangaroe te brei vir die pienkvoet.

Sy het onlangs gesê: “Ek brei goed vir babas, deels omdat dit kleiner projekte is, maar ook omdat my lewe nie te vol is nie. Ek het gedink dit sal oulik wees om iets vir hul baba te brei, byvoorbeeld ’n pop. En hoekom nie ’n kangaroe nie?”

Hou jy van Kate se blou serp?

Koop 'n soortgelyke een in ons aanlyn-modewinkel - KLIK HIER

kateserp