Soos enige ouer wat omgee, doen jy jou bes om jou kind se tweede verjaardagpartytjie perfek te maak en ek hoop dat dit een van hul eerste herinneringe sal wees. Jy bestee ure aan die voorbereiding, van die heliumballonne en gastegeskenkies. Ongelukkig is daar ’n goeie kans dat jou kind dit nie gaan onthou nie. En nou weet navorsers hoekom.

Klein babas se geheue kan dalk uitgewis word deur die ontstaan van nuwe breinselle. Dié proses, neurogenesis, behels die skep van nuwe breinselle. Kinders begin gewoonlik langtermyngeheue kry wanneer hulle begin praat.

In soogdiere, insluitend mense, se kleintjies, word nuwe neurone in die hippokampus vervaardig. Dit is die deel van die brein wat teen ’n hoë tempo leer en geheue moet hanteer. Die hippokampus bevat ’n plek wat selle vervaardig wat so groot is soos twee bloubessies. Dit is een van die enigste dele van die brein wat nuwe neurone vervaardig.

Navorsers het ’n studie met knaagdiere uitgevoer, wat soos mense leë plekke in hul vroeë herinneringe het. Hulle het bevind soos die muise ouer raak, vertraag die tempo waarteen neurone vervaardig word. Soos die neurone vervaardig word, raak hul geheue slegter.

Die studie is in die joernaal Science gepubliseer.

- Megan Bursey

Bronne: sciencenews.org, sciencemag.org