George Clooney gaan moontlik trou by die kasteel waar Downton Abbey verfilm word.

Die Ocean’s Eleven-ster het vandeesweek saam sy verloofde, Amal Alamuddin, die Engelse platteland vir ’n romantiese wegbreek besoek. Hulle het die kasteel besoek waar die historiese drama verfilm word, en dit het Amal so betower dat hulle gevra het of dit vir hul troue gebruik kan word.

’n Bron het aan MailOnline.com gesê: “George het hegte vriende geraak met Hugh Bonneville toe hulle verlede jaar saam in The Monuments Men gespeel het. Hy het lord Robert Crawley gespeel.

“En hulle het gou goeie vriende geraak. Hy het Hugh gekontak en hom gevra om ’n privaat toer van die kasteel te reël. Amal was bekoor.

“Toe hy sy aanstaande se reaksie op die skouspelagtige Victoriaanse kasteel sien, wat op ’n stuk land van sowat 400 ha geleë is, het hy stilletjies begin navraag doen oor of hulle hul troue daar kan hou.

“En dit blyk die eienaars is heel ingenome met die voorstel.”

Highclere Castle is blykbaar ’n goeie trouplek omdat dit naby Londen en die Heathrow-lughawe is. George se familie van Amerika en Amal se uitgebreide familie in Doebai en Libanon kan dit dus maklik bereik.

Die 8ste lord en lady Carnarvon en hul gesin woon tans in die kasteel en laat troues daar toe. Dit kos vanaf sowat R240 000 per dag om dele van die kasteel te huur.

Die bron het bygevoeg: “George is dol oor die idee van daar trou, want dis ’n glansryke plek. Amal se familie van die Midde-Ooste sal dit beslis geniet, en die toer daarvan sal ’n gedenkwaardige troue tot gevolg hê.”

Ander venues wat die paartjie vermoedelik oorweeg, is George se huis aan die Como-meer in Italië en Cabo San Lucas, Mexiko, maar Amal wil dalk in die Verenigde Koninkryk trou, waar sy grootgeword het.

’n Ander bron het gesê: “Amal het in Londen grootgeword, en het in Buckinghamshire skoolgegaan. En sy het aan die Oxford-universiteit studeer. Sy werk tans in Londen en het baie Britse vriende.”