Dit lyk of die vonke tussen die 7de Laan karakters, Bernard (gespeel deur Werner Coetser) en Nandi (Mbali Mlotshwa), behoorlik gaan spat.

[caption id="attachment_120543" align="alignnone" width="600"]Is daar 'n romanse aan die broei tussen 7de Laan se Bernard en Nandi? Foto: Verskaf Is daar 'n romanse aan die broei tussen 7de Laan se Bernard en Nandi? Foto: Verskaf [/caption]

Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte van 7de Laan, sê kykers kan vanaand groot drama verwag.

“Maandagaand gaan Bernard en Nandi in ’n baie romantiese toneel opeindig, onbewus dat Sifiso (Anelisa Phewa) dieselfde aand van sy sakereis af terugkeer.”

Nandi is in ’n verhouding met Sifiso, wat ook Bernard se woonstelmaat is.

Kyk: Nuwe Afrikaanse fliek ‘Uitvlucht’ se aangrypende lokprent laat jou regop sit

Rosa-Mari sê kykers gaan in die volgende paar weke vir Bernard sien soos hulle hom nog nooit vantevore gesien het nie.

Hy het verlede week sy hart teenoor Diederik (Hennie Jacobs) oopgemaak oor sy gevoelens vir Nandi. Dit het gevoel of daar “elektrisiteit deur sy liggaam vloei” toe hy haar hand aanraak.

7de binne

Die vraag is nou of Bernard se vriendskap met Sifiso belangrik genoeg gaan wees om sy gevoelens vir Nandi op sy te skuif? En sal Nandi sy se sjarme kan weerstaan?

In die regte lewe verlaat Werner se karakter eersdaags 7de Laan om deel van die Getroud met Rugby-sepie se rolverdeling te word.

Rosa-Mari sê kykers gaan in die volgende paar weke die kassie moet dophou om te sien of Bernard se muisneste iets te doen gaan hê met hoe hy die Laan groet.

Werner se laaste tonele is reeds verfilm, maar hy gaan nog tot in Mei as Bernard in die SABC2-sepie te sien wees.

In Getroud met Rugby gaan hy die Stryders-rugbyspan se losskakel Johan “Blitz” Vermeulen vertolk. Dié sepie begin op 4 April op kykNET.

Lees: Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Dit was swaar om sy 7de Laan-familie te groet, maar hy geniet sy nuwe rol, sê Werner. “Blitz is ’n heel nuwe karakter vir my. Hy is baie opwindend!

“Hy is die windgat, selfversekerde rugbyspeler wat weet hy is goed en dat hy enige girl kan kry. Hy sukkel met die konsep van een meisie – en het baie liefde vir almal. Sy gunsteling-besitting is sy motorfiets en leerbaadjie. Maar selfs al is hy selfversekerd het hy steeds baie gevoel vir sy medemens en is hy ’n lojale vriend.”

Is daar ooreenkomste tussen hulle?

“Blitz is alles wat Werner graag wil wees, maar ek is te skaam daarvoor,” skerts Werner.

"Bernard is in ’n mate nader aan Werner. Die soet outjie van langsaan wat nie eintlik moeilikheid maak nie.”

Die vraag is nou gaan Bernard so soet bly of wink hier dalk ’n liefdesdriehoek wat groot marakkas in die Laan gaan veroorsaak?

Hieroor kan Werner nog nie meer verklap nie. Ons kan wel seker wees hier kom groot drama!

- Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

Graad 11’s! Hier’s waarom julle vanjaar net so ernstig soos jul matriekjaar moet opneem

Dié gewilde video (wat agteruit speel) van ’n man wat tamaties sny, is vreemd strelend

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!

Die foto wat die internet dronkslaan: hoeveel meisies is daar?