[caption id="attachment_80695" align="alignnone" width="620"]Foto: Herman Verwey/Sapa Foto: Herman Verwey/Sapa[/caption]

Reeva Steenkamp se gebroke ouers, June en Barry Steenkamp, sal waarskynlik nié ter strafverswaring in Oscar Pistorius se verhoor getuig nie berig Beeld.

Volgens Beeld sal dit vir die Steenkamps emosioneel te moeilik wees om te getuig hoe die verlies van hul dogter hul lewe raak.

Adv. Gerrie Nel het gister in die hooggeregshof in Pretoria gesê June het in ’n stadium in haar huis in Port Elizabeth ineengestort, op die vloer neergeval en “onbeheers gehuil” toe haar smart oor haar kind se dood vir haar net te veel geword het.

Gerrie het gister die hof herinner dat Barry ’n beroerte gekry het weens die skok van sy dogter se dood. Sy swak gesondheid maak die kans dus nóg skraler dat hy na die getuiebank geroep sal word.

LEES MEER HIER