Oe, iemand slaap op die rusbank! Usain Bolt se suster het onlangs voorspel hy en sy liefie van die afgelope twee jaar, Kasi Bennett (26), sou afhaak na die Olimpiese Spele in Rio. Maar ons weet darem nie so mooi nie . . .

Ons wed Kasi is glad nie gelukkig met die jongste berigte oor haar Jamaikaanse naelloper kêrel wat nou wêreldwyd opslae maak nie. Eers het ’n video die oë laat rek van hom wat in die vroeë oggendure op sy 30ste verjaardag hierdie afgelope Sondag styf teen ’n vrou in ’n nagklub dans terwyl dié op hom twerk.

Toe bars nog ’n bom.

Net ure later het nóg foto’s opgeduik van dié wêreldberoemde naelloper, vermoedelik in bed met nog ’n ander jong vrou wat hy tydens sy aandjie uit raakgeloop het. En dis beslis nie Kasi nie… Is jy en Huisgenoot al jare lank ’n onmisbare deel van jou lewe? Volg jy al dekades lank die lief en leef van glansmense én Jan Alleman soos dit op ons bladsye vertel word? Smeulende kiekies wat Jady Duarte, ’n 20-jarige student van Rio, met haar vriende op WhatsApp gedeel het, het nou in die media beland. Op een van dié kiekies soen ’n kaalbors Bolt haar op die wang terwyl sy na die kamera loer. Op ’n ander sit hy agter haar en hou haar vas terwyl sy in ’n wit toppie sit. Sy het aanvanklik nie geweet Bolt is ’n beroemde atleet nie, het Jady in ’n onderhoud met die Brasiliaanse koerant Extra gesê. Hy het glo sekuriteit oorgestuur om haar aandag te kry.

Jady beweer sy is glad nie trots op die foto’s nie. “Ek wou nooit beroemd wees nie, ek skaam my dood,” het sy aan Extra vertel. Die naelloper het rede gehad om te vier na die Spele. Hy het drie goue medaljes ingeoes en boonop sy 30ste verjaardag gevier. Hy spog nou met altesaam nege goue Olimpiese Spele medaljes. Ons wonder wat sy familie en liefie van dié video en foto’s dink wat nou opslae maak. Sy ouer suster Christine Bolt-Hylton (32) van Kingston, Jamaika, het net ’n dag voor dit uitgelek het aan The Sun gesê haar broer en sy meisie is ernstig en dat hy haar waarskynlik die jawoord gaan vra as hy terugkeer van die Spele. Kasi het tot onlangs nog foto’s van haar kêrel op Instagram gedeel. By een noem sy hom ’n “legende”.

A photo posted by Kasi J. Bennett (@kasi.b) on

Bolt het al aan die Daily Telegraph gesê hy glo dis aanvaarbaar om jou maat te verneuk. “Die Jamaikaanse kultuur is anders. Wanneer jy na vroue en mans kyk wat meer as een maat het is dit anders. Ek het agtergekom in Brittanje dat elke beroemde mens trou as hulle beroemd raak - asof dit ’n reël is. En vir my is dit nie regverdig nie!”

Hy het gesê as glansmens is dit moeilik om by een vrou te bly wanneer daar versoeking is van ander. “Dis moeilik vir jou om met een vrou te bly want meisies gooi letterlik hulself vir jou. En dis onregverdig vir ons ouens - dis moeilik om nee te sê.” Wel duidelik…

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK, NEWS.COM.AU