[caption id="attachment_134587" align="alignnone" width="600"]Johannesburg (Foto: Facebook, City of Joburg) Johannesburg (Foto: Facebook, City of Joburg)[/caption]

Die eerste vergadering van die Johannesburgse metroraad na die pasafgelope verkiesing vind om 10:00 in die burgersentrum in Braamfontein in die stad plaas waar die nuwe burgemeester, speaker en hoofsweep verkies sal word.

Die DA is, soos in die metrorade van Tshwane (Pretoria) en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) die gunsteling om die burgemeestersketting oor te neem. Hy gaan dit egter nie sonder die EFF se steun kan kry nie. Só lyk die stand van sake:

? Daar’s 270 setels in die metroraad, ’n burgemeester het 50% plus een nodig om ’n burgemeesterskomitee te kan saamstel, dus 135 stemme plus een;

? Die ANC is die meerderheidsparty met 121 setels; dis egter nie genoeg om op sy eie te regeer nie;

? Die DA het 104 setels en sal kan regeer indien die EFF se belofte gestand doen om sy 30 setels aan die DA te gee;

? Ander partye waarop die DA kan steun sluit in die UDM (1), VF+ (1), ACDP (1) en die IVP (5);

? Die stadsbestuurder sal die verkiesing van die speaker behartig, waarna die nuwe speaker die verkiesing van die burgemeester en die hoofsweep sal hanteer.

Vasco da Gama, die DA se koukusleier, sê sy party het hard gewerk om die ANC tot onder 50% steun te dwing. “Ons is baie opgewonde oor wat gaan gebeur en glo ons sal die stad oorneem indien almal by die ooreenkoms hou.”

Die DA se eerste drie take sal wees om CityPower, Pikitup en munispipale rekeninge uit te sorteer.

“Ons moet dadelik wys ons kan regeer,” het Da Gama aan Huisgenoot gesê.

? Pieter du Toit is assistentredakteur van Huisgenoot.