Volgens die tydskrif US Weekly is daar gerugte dat die akteurspaar later vanjaar in Kaapstad wil afhaak.

“Hulle wil beslis trou,” het ’n bron glo aan die tydskrif vertel.

Sean is die regisseur van ’n nuwe fliek waarin Charlize die hoofrol vertolk. Die fliek speel in Kaapstad af en die paartjie wil glo net ná die verfilming daarvan die knoop deurhak.

Die koerant The Daily Mail bespiegel oor waar die paartjie sal trou. “Die stad se museum, wat oor ’n botaniese tuin uitkyk, is ideaal vir trouplegtighede,” stel die koerant voor.

Hier is ons voorstelle vir die ideale plek vir Charlize en Sean se bruilofsfees (dit is nou as ons die gerugte kan glo dat die paartjie op trou staan):

  • ’n Kaalvoet-troue langs die Weskus
  • Tussen die wingerde in die Kaapse Boland
  • ’n Bosveldtroue in Mpumalanga
  • ’n Elegante troue in die middestad
  • ’n Antieksjiek troue op die platteland
  • ’n Troue in ’n betowerende woud