. Die ster van Two and a Half Men wil graag die 30-jarige aktrise, met wie hy al meer as ’n jaar uitgaan, vra om te trou.

Ashton het Demi in Desember 2012, ’n jaar nadat hul paadjies geskei het, om ’n egskeiding gedagvaar, maar was in ’n bitter regstryd met die 50-jarige aktrise gewikkel omdat sy glo ’n agtsyferbedrag wou hê vanweë Ashton se betrokkenheid by ’n risikokapitaal- beleggingstrust ter waarde van R1 biljoen.

Die 35-jarige akteur het ingestem om ’n groot deel van sy fortuin aan Demi te oorhandig – sy staan R1,5 biljoen sterk – asook aandele in sy tegnomaatskappy.

“Demi en Ashton se egskeiding het soos ’n donker wolk oor sy en Mila se verhouding gehang omdat dit so lank voortgesleep het,” het ’n bron aan The Sun gesê.

“Gelukkig het Demi van plan verander. Sy is nie meer bitter nie en wil die egskeiding so gou moontlik afhandel sodat sy ook kan aangaan met haar lewe.

“Sy het ingestem op ’n skikkingsbedrag wat miljoene beloop en aandele in Ashton se verskeie tegno-ondernemings nadat hy haar oorreed het om saam met hom ’n tegnokonferensie by te woon sodat sy self kon sien hoeveel dit eindelik werd gaan wees.

“Almal is gelukkig en die dokumente is onderteken en by die prokureurs. Nou kan Ashton kan dus Mila vra om te trou.”

Die paartjie het vier maande gelede reeds die tonge laat klap dat hulle verloof is nadat Mila met ’n goue ring aan haar ringvinger gewaar is.