Angelina Jolie sou dit oorweeg om die politiek te betree.

Sy is ’n Oscar-bekroonde aktrise en ma van ses, maar is ook ’n filantroop – sy ondersteun verskeie kinderliefdadigheidsorganisasies, probeer menseregtekwessies onder die Amerikaanse regering se aandag bring en is ’n spesiale gesant vir die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR). Sy sê sy gaan dalk eendag die politiek betree.

Tydens ’n verskyning op Good Morning Americs het sy gesê: “Weet jy, ek sal dit doen as ek gedink het ek sou effektief wees. Maar ek is nie seker of ek ooit in daardie opsig ernstig opgeneem sou word nie en effektief sou kon wees.”

Die 38-jarige ster het ook die dapper besluit geneem om ’n voorkomende dubbele mastektomie te ondergaan, en sê die besluit het haar nader aan ander gebring en bewustheid oor kanker verhoog, wat ’n baie positiewe uitwerking gehad het.

Sy het bygevoeg: “EK was nie bekommerd daaroor nie, maar ek het nie so baie ondersteuning verwag nie. Dit was baie roerend. Dit het my aan so baie ander families verbind, en ander vroue.

“En weet jy, wanneer ek nou mense ontmoet, praat ons nie so baie oor flieks nie; ons praat oor hul kinders, oor vroue se keuses, oor hul vroue. Dit was regtig ’n pragtige reis.”