Athol Fugard se bekende toneelstuk Master Harold and the Boys gaan sy Afrikaanse debuut by Aardklop 2012 maak.

Die 15de Aardklop word vanjaar van 2 tot 7 Oktober in Potchefstroom aangebied.

Die toneelstuk wat in ’n teekamer in Port Elizabeth in 1950 afspeel, is in die tagtigerjare in Suid-Afrika verban. Idil Sheard het die stuk vertaal en Zane Meas tree as regisseur op.

Die rolverdeling sluit in bekende akteurs Terence Bridgett, Hennie Jacobs, Jody Abrahams en Christo Davids.

Master Harold and the Boys wys op die volgende tye:

Dinsdag 02 Oktober om 20h00

Woesndag 03 Oktober om 09h30

Donderdag 04 Oktober om 13h00

Vrydag 05 Oktober om 16h30

Saterdag 06 Oktober om 13h00