Opsoek na heerlike en maklike resepte wat ewe goed werk vir ontbyt, middagete, ‘n ligte aandete en selfs kosblikke? Moenie verder soek as die frittata-tertjie nie. Probeer die lekker Huisgenoot-resep.

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 5-10 min
  • Gaarmaaktyd: 30-40 min

Jy benodig:

  • 4 murgpampoentjies, in repies gesny (of gekapte spinasie)
  • 1 klein blikkie (340 g) heelpitmielies, gedreineer (of gaar aartappels of oorskiet-pasta)
  • 3-4 pikantrissies (rooi en geel) of ’n rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 2 wiele feta-kaas
  • 8-10 eiers
  • 30 ml gekapte vars kruie soos pietersielie, grasuie, basilie en tiemie
  • sout en peper na smaak
  • 60 ml vars broodkrummels en gerasperde parmesaankaas vir bo-oor
  • vars slaai om mee voor te sit

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Gebruik ’n muffinpan met 6 diep holtes en smeer die holtes baie goed of spuit met kleefwerende kossproei.
  3. Rangskik die murgpampoentjies in ’n sirkelvorm in die muffinholtes en skep die mielies bo-op.
  4. Sprinkel die pikantrissies en die kaas bo-oor.
  5. Klits die eiers en kruie lig saam, geur met sout en peper en verdeel tussen die holtes.
  6. Sprinkel van die krummelmengsel oor en bak 30-40 minute tot gestol.
  7. Sit louwarm voor met ’n vars slaai, olyfolie en balsemieke asyn.

Klik hier  vir die en nog ander lekker Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.