Frikkadelle met vars tamatiesous

Deur die frikkadelle in die oond te bak spaar jy nie net baie tyd nie; jy gebruik ook minder vet.

Bereiding: 20-25 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6-8 porsies

Frikkadelle

  • 500 g ekstra maer maalvleis
  • 1 eier, geklits
  • 1 ui, gerasper
  • ½ blik keker-ertjies, fyn gemaal (opsioneel)
  • 80 ml mozzarella, gerasper
  • 15 ml (1 e) worcestersous
  • 15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n oondbak met kossproei of smeer met ’n bietjie olie.

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle en vorm klein balletjies of klein frikkadelletjies.

Pak die frikkadelle in die voorbereide oond en bak 15-20 minute of tot gaar en goudbruin.

Vars tamatiesous

  • 10 ml (2 t) olie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 4 ryp tamaties, in klein blokkies
  • gesny
  • 60 ml (¼ k) blatjang
  • knippie sout
  • 1 avokado, in blokkies gesny (opsioneel)

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui sowat 5 minute tot dit begin karamelliseer.

Braai die tamaties ’n minuut en roer die blatjang en sout by.

Verlaag die hitte en laat prut 10 minute. Skep die gaar frikkadelle by die tamatiesous en laat prut nog 5 minute.

Sit voor saam met spaghetti of enige pasta van jou keuse. Sprinkel avokadoblokkies oor (opsioneel).