Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

2 snye witbrood, sonder korsies en in melk geweek

500 g beesvleismaalvleis

1 eier

5 ml (1 t) droë basilie

sout en peper

30 ml (2 e) olie

340 g (1 fles) geroosterde groentepastasous

100 ml water

250 g gaar linguinipasta

grasuie

  1. Druk die melk uit die brood en meng dit met die maalvleis, eier, basilie, sout en peper. Vorm in gholfbalgrootte-balle.
  2. Verhit die olie en braai die frikkadelle goed bruin.
  3. Giet die sous en die water in die pan en laat 5 minute prut. Sit dit voor saam met die pasta en grasuie.