Maar aanhangers is teleurgesteld.

Aanhangers het ná die spesiale uitsending van twee uur op sosiale media hul teleurstelling uitgespreek dat die reünie nie in die vorm van ’n nuwe episode was met die spelers wat hul beroemde rolle hervat nie.

In plaas daarvan het Lisa Kudrow, David Schwimmer, Courteney Cox, Matt LeBlanc en Jennifer Aniston met die kletsprogramaanbieder Andy Cohen gesels.

Ten spyte van hoe die byeenkoms gebeur het, het die reünie – ’n huldeblyk aan die skrywer James Burrows – ’n paar goue oomblikke opgelewer.

Lees ook: Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding

Voor hulle by Andy op die verhoog aangesluit het, is kykers bederf met ’n uurlange komedieskets wat omtrent sitkom-goud was.

Daarin sluit die spelers uit ander reekse wat James ook geskryf het, waaronder Big Bang Theory, Cheers, Two And A Half Men en Will And Grace, by die spelers van Friends aan.

Daarna het Matthew Perry in ’n voorafopgeneemde boodskap in nog ’n lekker bederfie vir aanhangers van die sitkom die groep spelers bekendgestel. “Dis baie opwindend om julle almal saam te sien,” sê Andy nadat hulle op die verhoog by hom aangesluit het.
“Almal wou al so lank ’n Friends-reünie hê,” sê hy voor Matt hom afsny en daarop wys dat ’n belangrike lid van die groep afwesig is. Kykers het ook meer uitgevind oor die verhoudings voor en agter die skerms. “Ons wou werklik mekaar leer ken,” het Lisa oor hul vrienskappe in die regte lewe gesê.

Sy, Jennifer en Courteney het elke dag vir 10 jaar lank saam middagete geniet en ’n “Jennifer-slaai” geëet.

“Ek het die slaai gemeng,” het Jennifer verduidelik. “Sy het net ’n manier om dit te doen,” het Courteney laat hoor. Lees ook: Kate Winslet meen haar liefdeslewe is ideale rolprentmateriaal Ross en Rachel se alewige aan/af verhouding is ook tydens die reünie verduidelik.

“Dis dieselfde as met Sam en Diane (van Cheers),” het James verduidelik. “Hulle het vir baie langer flankeer, maar jy moet dinge ’n bietjie deurmekaarkrap . . . as jy nie baklei nie, as jy nie kwaad raak nie, het jy nêrens om heen te gaan met die storie nie.”

Friends Reunion - James Burrows Tribute from Camille Fung on Vimeo.

Ekstra bronne: thedailybeast.com, eonline.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Verkeersowerhede ‘getraumatiseerd’ oor padsterftes