[post-slider]

Nou kan jy saam in Monica en Rachel se kleurvolle tweeslaapkamerwoonstel  kuier, foozbal saam met Joey en Chandler speel, saam met Ross oor dinosorusse praat, self op Phoebe se tafel lê vir een van haar gewilde maserings, of koffie drink op die bank in Central Perk   – alles in egte Sims-styl!

Volgens kenners is hierdie program feitlik in die kol met die herontwerp van  die Friends-stel en die karakters en enige aanhanger sal gaande wees om weer saam met die groep te kuier, sedert sy laaste episode in 2004 uitgesaai is.

So indien jy The Sims 4 reeds het, maak Friends nou deel van die wêreld! Om die karakters af te laai gaan na origin.com en gaan na Ian se ID, “ian8000”.

- Joanie Bergh

Bron: mashable.com

Foto’s: Imgur, IanRoach