Die akteur James Avery, bekend vir sy rol as Uncle Phil in die gewilde 1990-televisiereeks “The Fresh Prince of Bel-Air”, is Dinsdagaand in Kalifornie oorlede weens komplikasies ná ‘n hartoperasie.

Hy is dood weens komplikasies ná opehart-chirurgie, het sy bestuurder, Toni Benson, gesê. Avery het die operasie op 11 November ondergaan en is Dinsdagaand in ‘n hospitaal in Glendale hier oorlede.

'n Mede-akteur, Joseph Marcell, het gesê Avery was ‘n fantastiese man en ‘n “wonderlike akteur”.

Avery was baie geliefd in sy rol as Philip Banks, die streng, maar liefdevolle oom van die “Fresh Prince” gespeel deur Will Smith.

Avery het een keer gesê, “Jy kan ‘n rolprentster of ‘n akteur wees. Ek is ‘n akteur.”

Hy word oorleef deur sy vrou van 26 jaar, Barbara Avery.