Fredi is in Mei vanjaar met ‘n breingewas gediagnoseer, waarna hy onmiddellik met behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria begin het.

Die kanker het egter ook vinnig na die res van sy liggaam versprei en medici was dit eens dat dit te veel was om verwyder te word en dat sy prognose uiters swak was.

Fredi, wat op 25 Maart 1959 gebore is, het sedert 1995 ‘n totaal van 14 albums en 1 DVD opgeneem.