Om aan Idols deel te neem, is soos om berg Everest uit te klim met ’n sak bakstene op jou rug, kaalvoet én naak.

Só het Freddie Van’Dango, die 23-jarige Johannesburger wat Dinsdagaand die trekpas op Idols gekry het, agterna aan Beeld gesê.

Van’Dango het op ’n nuuskonferensie gesê die hoogtepunt van sy tyd in Idols was beslis Vrydagaande wanneer die deelnemers voor ’n gehoor in die Mosaïek-teater in Johannesburg opgetree het.

“Die hele week is ’n mens gespanne, maar wanneer jy op die verhoog klim, is alles die moeite werd. Ek gaan die verhoog mis, maar ek sal beslis terug wees.”

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter. 

-Reuters